die Wegspring | 23 Des

2017/12/23 07:00:00

WINDPOMP SJERRIE CHALLENGE

OP JOU BERGFIETS VAN HOOGWATER TOT BY FONTEIN WATER

Op die 23ste Desember 2017, kan jy jou laaste trap voor Kersfees trap…of 50km of 100km op jou BERGFIETS. REGISTRASIE. Vir laatkommers vanaf 15H00, Vrydag middag, die 22ste Desember 2017 by LAPPIESBAAI.

Die laaste inskrywings sluit om 06H30, Saterdag die 23ste.

‘n droomwêreld van see en klein karoo plantegroei

WAAR & WANNEER

begin ons trap?

Die BEGINPUNT en REGISTRASIE is by LAPPIESBAAI Restaurant in STILBAAI. Die WEGSPRING is om 07H00 vir alle ryers.

34°22’23.40″S  21°25’43.64″E

Kliek op die lugfoto

Die EINDPUNT

op JONGENSDAL

JONGENSDAL is op die BLOMBOS pad tussen Jongensfontein en Vermaaklikheid, so 5 km vanaf Jongensfontein. Hier is ‘n PLAASMARK, KERSMARK, SPEELPARK en elke ander soort mark onder die son se produkte te koop. Yip, JAKKALSVLEI verkoop ou water in ‘n wynbottel wat jy nodig het vir die KERSTAFEL ! Ons het egter ook vars kaas, vars suurstof en selfs vars water beskikbaar! Ma, pa, boetie en sussie kan kom saamspeel oppie plaas en die boere gaan ons nie wegjaag nie!

34°23’51.79″S 21°19’32.13″E

ROETE

(Ons begin by Lappiesbaai en ry tot anderkant die brug as ‘n “neutrale” sone!)
(StihlOns se baie dankie! Riversdal het ons help padbou)

Roete 1, 50km (kliek)

Die roete is werklik baie gemiddeld met die eerste 15 km uitdagende op-en-affe waar jy vinnig sal leer om met jou fiets se ratte te speel. Na 25km is daar ‘n redelike klimmetjie en dan raak dit gemakliker huistoe. Hierdie is ‘n uitstekende roete om jou fiksheid op te skerp of as jy graag jou eerste amptelike bergfiets event wil aanpak.

Afstand 50km, klim 626m en afdraend 500m.

Roete 2, 100km (kliek)

Tydens ‘n brand in Januarie het al die boere besef hoe gevaarlik veldbrande is en ons waarsku die fietsryers dat hulle dankbaar moet wees dat die boere ons toelaat op hul eiendom. Hou hekke toe, moenie rommel strooi nie en moet nie oorweeg om te rook nie!

Baie moeite is gedoen om nuwe paaie te bou, ou paaie oop te maak en toestemming te kry vir roetes wat nooit gery mag word in ander tye van die jaar nie. Privaat eiendom is beperkte toegang toeganklik net tydens die event.

Die ryers wat hierdie dag voltooi kan dit vergelyk met enige goeie dag in die saal in die Joburg2C, die Epic of die Attakwas. Kom geniet hom want jy ry deur ‘n paar reservate, goeie paaie en mooi natuurskoon!

Afstand 100km, klim 1100m en afdraende 970m

Die roete begin gemaklik saam met die 50km ryers tot en met die 10km merk. Hierna klim ons tot agter in die sandveld vir 3 kort stukkies sand (50m elk) en dan ‘n reuse afdraende, tegniese draaie, bruggies en nog draaie tot in die rivierpad. Van hier duik ons in Altus Joubert se plaas in (Het nog destyds aan Wilbur Smith behoort) langs die Goukou rivier om later oor die Van Zyl plaas te jaag tot in die donker poele van die Goukou rivier. Dis dan stadig klim oor Wallie Krumm se plaas en kopkrap en swets tot bo op die kop. Nou sit die see ver agter ons en soek ons die vlaktes op met Kobus Groenewald se Wildtuin wat voor ons lê. Ons jaag weer af tot in die Goukou rivier…swem ‘n bietjie (weer) en soek die hasepad op pad Blombos toe. Nou is dit voet in die hoek tot by Jongensdal…

KOSTE

INSKRYWINGS FOOI

Roete 1, R 220 p/p vir 50km
Roete 2, R 380 p/p vir 100km

EVENT TOPS @ R500

VOORDELE om in te skryf?

  • Jy kom kuier op Stilbaai en ry op die platteland bergfiets in ‘n droomwêreld van see en klein karoo plantegroei.

  • Die 50km is ‘n relatief maklike en veilige roete.

  • Op 100km kan jy verwag om saam met Moses tot bo op die BERG te ry! Unieke paadjies is gebou wat jou ‘n GOEIE ervaring sal gee. Jy sal hierdie paadjies nie ander tye van die jaar kan ry as vandag nie!

  • Waterpunte met coke, water en padkos (OK Grozer Stilbaai, gee julle kos!)

  • ‘n BUS wat agter ry en moeë manne en vroue aanjaag…

  • Die kans om ‘n AFTER Party by te woon met STEAK & CHIPS (te koop teen R100p/p) in die geselskap van ‘n bekende kunstenaar…

  • ‘n Medalje om mee te spog by die Kerstafel.

  • ‘n Kans om ‘n MISTERY WEEKEND se vakansie te wen langs die see, of in ‘n tuin of dalk langs die begraafplaas (Waarde R4000.00).

  • ‘n HELE reeks geskenke.

  • CSA se versekering dat hierdie ‘n veilige ervaring is.

  • Mediese versorging indien benodig.

ROETE GRADERING VIR DIE WINDPOMP SJERRIE

Hierdie riglyne is die resultaat van anvorsing en advise gegee deur die Internasionale Fietsry Federasie. Ons help graag met hierdie advise as riglyn.
MAKLIK
GEMIDDELD
MOEILIK
BAIE MOEILIK
HOE WYD IS DIE PAD? 90cm of meer 60cm of meer 30cm of meer 15cm of meer
GRADIENT (OP OF AF) Max 15% 15% en meer 15% en meer 15% en meer
ROTSE/WORTELS

(WAT JY RAAK SAL RY)

Minder as 5cm Minder as 20cm Minder as 40cm MEER as 40cm
PAD OPPERVLAKTE Hard en stabiel Redelik stabiel Gedeeltes onstabiel Onvoorspelbaar
ALGEMENE OPMERKINGS Meeste fietsryers kan hier ry Bruggies is 600mm en wyer Goeie vaardighede nodig Moet uiters ervare wees
50 KM 80 % VAN ROETE

20 % VAN ROETE

100 KM 35 % VAN ROETE

50 % VAN ROETE

10 % VAN ROETE

5 % VAN ROETE